Voornemende Oosies
Aansoek om toelating:
– ‘n Prospektus waarin die aansoekvorm voorkom, kan by die skool afgehaal word.
– Aansoeke word aanlyn gedoen (self of by die skool).
– ‘n Harde kopie word by die skool ingegee saam met die verlangde dokumente. Die skool sal u in kennis stel of u suksesvol was al dan nie.
– U aanvaar die plasing.
Dokumente wat benodig word vir toelating:
– Oorplasingskaart
– Die jongste skoolrapport of ‘n gesertifiseerde afskrif daarvan.
– Afskrif van Geboortesertifikaat / Identiteitsdokument van leerling sowel as dié van die ouer / wettige voog.
Plus:
– Aansoek om toelating.
– Toelatingsooreenkoms.
– Aanvaarding van verpligte betaling van onderriggeld.
– Toestemming en vrywaring
– In die geval van egskeidings: ‘n afskrif van die egskeidings- en skikkingsakte, waar van toepassing; bevel waarin die voogskap oor kinders hanteer word.
LW. Die oorplasingskaart is ‘n vereiste vir toelating. Dit word met die aanvang van die nuwe skooljaar getoon.