OPE-AAND

GRAAD 8 2026

Maak ‘n KOPSKUIF!

Bespreek nou aanlyn:

Woensdag 23 April 2025

Sessie 1 om 18:00

Slegs 400 plekke beskikbaar

JAMMER VOL BESPREEK

Jammer, hierdie sessie is alreeds vol, gaan bespreek gerus plek in die 19:00 sessie.

Woensdag 23 April 2025

Sessie 2 om 19:00

Slegs 400 plekke beskikbaar

Bespreek nou HIER

Hoërskool Oosterlig – waar prestasie nog pret is!

Hoërskool Oosterlig is trots op dit wat ons in ‘n kort tydperk van 23 jaar vermag het.

Ons gee erkenning aan die geskiedenis wat ons skool vooraf gegaan het. Die tradisies wat ons in hierdie tyd tot stand gebring het, sal ons altyd koester. Die leiers en administrateurs wat voorgeloop het, was ware baanbrekers. Ons prestasies beskou ons nie as vanselfsprekend nie.

Dit getuig van uitsonderlike talente van ons kinders, kundige personeel en afrigters, wonderlike ouers uit die gemeenskap en groot genade van ons Hemelse Vader.

Hoërskool Oosterlig steun op waardes en norme wat vir ons ononderhandelbaar is soos: Ons Christelike Geloof; Liefde; Moedertaalonderrig; Respek; Verantwoordelikheid; Passie; Integriteit; Dankbaarheid

Totale skoolopleiding by Hoërskool Oosterlig berus op die volgende drie ontwikkelingsvelde nl. akademie, sport en kultuur. Ons leerlinge lewer op hierdie terrein uitstekende prestasies.

By ons skool is dissipline vir ons baie belangrik, maar ons gun elke leerling lewensruimte. Sekerlik is dit waar ons slagspreuk sy oorsprong kry, nl.:

“Hoërskool Oosterlig – waar prestasie nog pret is!”

Beste afrikaanse hoërskool in Boksburg. Kan Oosterlig aanveveel vir enige ouer wat sy kind in ‘n Afrikaanse skool laat onderrig.

Nico Henry Pienaar

ouer

Beste skool waarmee my dogter haar matriekjaar mee kon afsluit…baie hoogs aanbeveel vir enige ouers met waardes.

Liza Venter

ouer

Drie van my kinders was in Oosterlig. Baie goeie skool met goeie waardes. Sal Oosterlig baie sterk aanbeveel vir enige kind wat soontoe wil gaan.

Malcolm Immelman

ouer

Beste keuse wat ek ooit kon maak, geniet om deel te wees van so ‘n awesome skool  #trotseOosie

Lafras Taljaard

ouer