Hoërskool Oosterlig is aangewys as die Top Hoërskool in die Ekurhuleni-Suid Distrik

Hoërskool Oosterlig is op Dinsdag, 16 Maart 2021, aangewys as die beste hoërskool in Ekurhuleni-Suid.  Die distrik bestaan uit 64 hoërskole.  Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Ekurhuleni-Suid Matriekprysuitdeling, wat ‘n Afrikaanse hoërskool met dié toekenning wegstap. 

Vier onderwysers en twee leerlinge het die skool besonder trots gemaak met die volgende prestasies:

Beste onderwysers in die distrik:

Afrikaans Huistaal:

Engels EAT: 

Me. Elzaan van Zyl

Me. Madeleine van Baalen

Me. Mauriët Koekemoer

Me. Marindi Joubert

Toppresteerders:

Toppresteerder in Geografie:  Johan van der Merwe

Johan beklee ook die tiende plek op die Top 10 Akademiese presteerders in die distrik.

Toppresteerder in Afrikaans:  René Viljoen

Tydens die Academic Excellence Awards, wat virtueel op 10 Maart 2021 uitgesaai is, en waar die toppresteerders in Ekurhuleni aangewys is, het Johan van der Merwe die toekenning “Beste prestasie in Geografie” ontvang.  Hoërskool Oosterlig het ‘n 6de plek in Ekurhuleni behaal.

Die hoof, mnr. Francois Nel, is baie trots op die klas van 2020.  Die harde werk wat deur die leerlinge en personeel ingesit is en die ondersteuning van die ouers tydens ‘n baie uitdagende jaar, het goeie vrugte afgewerp.

Hoërskool Oosterlig leef beslis hul leuse Carpe Dien voluit.