– die hart van ons skool
KULTUUR
Van drama tot musiek, kuns en dans… by Hoërskool Oosterlig is kultuur ‘n fundamentele deel van ons lewens. Dit gee kleur, opwinding en vonkel…
Ligter, ONTPLOFFING... aksie?
DRAMAKLUB
KUNSWEDSTYD
Verf, digkuns en vele meer…
Hou jy van verf, of kan jy dig soos Shakespeare? By Hoërskool Oosterlig het jy die geleentheid om aan ‘n wye verskeidenheid kunswedstryde deel te neem en jou talente tot volle te benut! Daar is so veel meer kunswedstryd aktiwiteit om by in te skyf, soos dans, toneel, film en vele meer. Kom kyk wat daar is by Hoërskool Oosterlig, en kom vind jou plek!
OOSIE – BAND
Hoor jy die klanke van die Oosie-harte..? Dis ons Band!
By Hoërskool Oosterlig het jy die geleentheid om jou musikale talente uit te leef nie net as ‘n individu nie, maar ook as deel van ‘n span, ‘n familie..! Kom kyk hoe die hartklop van Hoërskool Oosterlig teen die ritme van ons Oosie-Band klop en geniet die warm atmosfeer wat hierdie aktiwiteit agterna volg.
REDAKSIE
Die penne agter OosterBeeld!
Oosterbeeld is die trots van ons Hoërskool Oosterlig, ‘n bron van inligting en inspirasie vir ons leerders en personeel. Dit dien as ‘n platform vir die deel van nuus, menings, en kreatiewe skryfwerk deur ons studente. Die Redaksie is die span wat ‘n venster na die gebeure en prestasies binne die skool bied, en moedig ‘n gevoel van betrokkenheid en trots aan onder ons leerders. Dit bevorder skryfvaardighede, kritiese denke en media-etiek onder die redakteure en medewerkers.
REDENAARS & PUBLIC SPEAKING
Redenaarstoesprake is die stemme wat die pad lig vir verandering en inspirasie in die wêreld. Oosie-redenaars spesialiseër in die kunsvorm van kommunikasie, wat nie net vaardigheid in woordgebruik en liggaamstaal vereis nie, maar ook ‘n diep begrip van hul gehoor en die boodskap wat hulle wil oordra. Deur redenaars deelname, leer leerders om selfvertroue op te bou, hul onderwerp deeglik na te vors en duidelik te kommunikeer aan die gehoor. By Hoërskool Oosterlig het jy die geleentheid om jou redeneerings talente in Afrikaans en Engels te beoefen, verbeter en vertoon.
SPREEKKOOR
Oosie-Spreekkoor is ‘n kragtige uiting van eenheid deur die gesproke woord. Dit bring individue saam om gesamentlik ‘n boodskap te verkondig deur rytmiese en gepaardgaande voordrag. Elke lid van skreekkoor by Hoërskool Oosterlig dra by tot die algehele impak deur sy of haar unieke stem en ritme, wat saamvloei in ‘n harmonieuse geheel. Die ervaring van deelname aan Oosie-Spreekkoor versterk nie net individuele vaardighede soos stembeheer en projeksie nie, maar kweek ook samehorigheid en vertroue binne die groep.