Geskiedenis

Hoërskool Oosterlig het in werklikheid reeds in 1917 tot stand gekom, maar was toe bekend as die Handelskool. Later bekend as die Hoër Handel-en Tegniese Skool Boksburg, Hoër Handelskool Boksburg en van Maart 1991 as Hoërskool Oosterlig.

Die Hoër Handelskool Boksburg was vir jare gehuisves in die ou aangeboude mynkantore in Rondebultstraat net oorkant die ou brandweerstasie.

Aanvanklik was die Hoër Handelskool die eerste dubbelmediumskool in sy sort, nie net in die eertydse Transvaal nie, maar ook in Suid-Afrika.

Hul sluit hul deure vir die laaste keer in Julie 1992 en Hoërskool Oosterlig verhuis na die nuwe skoolgronde in Sunwardpark, aangesien die bestaande persele in Rondebultweg moes plek maak vir ‘n nuwe snelweg.

Daar is op ‘n naamsverandering besluit as gevolg van die nuwe studierigting wat ingeslaan is.

Mnr. A. L. van der Walt, 28 personeellede en 500 leerlinge verhuis na die nuwe skoolperseel. Die intrek in die nuwe skoolgebou vind plaas op 5 Junie 1992.

Leerlinge van die skool het op die amptelike boomplantdag 20 bome (die meeste karee), op hul nuwe skoolterrein aangeplant. Die amptelike inwyding van Hoërskool Oosterlig se pragtige, nuwe skoolgebou vind plaas op 25 Junie 1993. Die gedenkplaat word onthul deur Dr. K.R. Paine – Uitvoerende Direkteur: TOD.

DIE SKOOL SE LEUSE, WAPEN EN ONTSTAAN

LEUSE:

Hoërskool Oosterlig is ‘n Afrikaansmedium sekondêre skool onder beheer van die GDO. Onder ons huidige naam is ons ‘n relatief jong skool, maar ons het tog ‘n trotse en roemryke geskiedenis.

Op hierdie wyse sal jy gou deur die leerlinge aanvaar word. Probeer ook aktief deel word van die skool deur aan aktiwiteite deel te neem en funksies by te woon.

 Die skool se leuse is Carpe Diem. Dit beteken pluk die dag, met ander woorde, maak die beste gebruik van elke geleentheid wat op jou pad mag kom.

 Ons wil elke leerling en ouer op hierdie wyse hartlik in ons groep verwelkom. Mag u ervaring by ons baie aangenaam wees. Elke leerling word aangemoedig om die tradisies van die skool, waaraan jy tog help bou, te leer ken.

WAPEN:

Die gekruiste brandende fakkels simboliseer die lig wat kennis bring. Die gevleuelde helm en die rat is onderskeidelik simbool van die handel en nywerheid.

ONTSTAAN VAN ONS NAAM:

Hoërskool Oosterlig se naam is die eerste keer op 26-03-91 gebruik. Die besluit om hierdie naam te aanvaar na ‘n kompetisie daaroor, hang saam met die volgende argumente:

(a)      Ons is aan die Oos-Rand geleë;

(b)      Ons leuse hou verband met “dag”, wat saamhang met die son (ooste);

(c)      Die skool is geleë in Sunwardpark, wat ook verwys na son/lig/ooste.