Finansies

Skoolfonds 2026

R27 720.00 vir die jaar
of
R2 310.00 per maand

Skoolfonds is betaalbaar in 12 (twaalf) gelyke maandelikse betalings van R2 310-00 per maand, voor of op die 7de dag van die betrokke maand.

OF

R27 720-00 per jaar. 5% korting (R1 386-00) toegelaat indien volledige betaling gemaak is voor/op 28 Februarie 2026. Bedrag met korting beloop dan R26 334-00.

Hoërskool Oosterlig hef geen inskrywings- of registrasiefooie nie.

Skoolfonds sluit alle handboeke, skrifte en vervoer vanaf en ná sportbyeenkomste in.

Bankbesonderhede

Rekeningnaam : Hoërskool Oosterlig
Bank : ABSA
Takkode : 632005
Rekeningnommer : 713 412 678
Verwysing : Rekeningnommer

Bewys van betaling

finansies@hsoosterlig.co.za

Indien u nie seker is van u rekeningnommer nie, skakel asseblief vir
Mev. Eshter Blignaut by 011-913 1055/6 of stuur ‘n e-pos na finansies@hsoosterlig.co.za

Debietorders

Bestaande debietorders se bedrag moet verander.
Hiervoor het ons u skriftelike toestemming nodig

Indien u graag ‘n debietorder wil instel, kan u ons in kennis stel sodat ons die nodige vorms vir u kan e-pos. Versoek asseblief die vorm deur ‘n e-pos na finansies@hoosterlig.co.za te stuur.

Aansoekvorms

Aansoekvorms vir vrystelling van onderriggelde moet asseblief persoonlik by die finansiële kantoor afgehaal word, alleenlik per afspraak by Me. Blignaut. Kontakbesonderhede van Me. Blignaut vir ‘n afspraak is:
Tel: 011-913 1055 of 078 721 7042 of e-pos finansies@hsoosterlig.co.za

Neem asseblief kennis dat geen vorms aan leerders sal oorhandig word nie.
U sal alleenlik die vorms ontvang met ‘n afspraak by Me. Blignaut.