By Hoërskool Oosterlig is skooltrots en tradisies baie belangrik!
EREKODE
- Ons glo in God, die Drie-Enige en erken Sy volkome Almag en Opperheerskappy.
- Ons glo aan absolute trou aan ons geliefde volk en vaderland.
- Ons onderneem om ons meerderes te gehoorsaam en aan hulle die nodige eerbied en respek te betoon. Ons sal daarna streef om die goedheid en opregtheid in ons naaste raak te sien en wil graag deur ons gesindheid die respek en vertroue van andere wen.
- Ons sal poog om die tradisies en goeie naam van ons skool hoog te hou en sal altyd trou bly aan dit wat ons geleer het.
SKOOLLIED
Hier waar ons voor ons toekoms staan
‘n eie weg te baan
met ons oë op Hom gerig
handhaaf ons met plig
ons leuse elke dag:
ons pluk die dag,
en trots dra ons die fakkels hoog.
Gryp elke werksgeleentheid aan,
en leer mekaar verstaan.
Aan die toekoms moet ons bou,
speel, werk, leer: getrou
ons leuse te behou
Carpe Diem.
‘n Trotsheid vir ons nageslag.