Ons Oosie weer tans:
27°
28°
Sun
24°
Mon
20°
Tue
26°
Wed
27°
Thu
Weather from OpenWeatherMap

Gebeure – word deel!

Hoërskool Oosterlig

Hoërskool Oosterlig is ‘n Afrikaans – Medium sekondêre skool onder beheer van die GDO. Onder ons huidige naam is ons ‘n relatief jong skool, maar ons het tog ‘n trotse en roemryke geskiedenis. Die skool se leuse: Carpe Diem. Dit beteken pluk die dag, met ander woorde, maak die beste gebruik van elke geleentheid wat op jou pad mag kom. Ons wil elke leerling en ouer op hierdie wyse hartlik in ons groep verwelkom. Mag u verblyf by ons baie aangenaam wees. Elke leerling word aangemoedig om die tradisies van die skool, waaraan jy tog help bou, te leer ken. Op hierdie wyse sal jy gou deur die leerlinge aanvaar word. Probeer ook aktief deel word van die skool deur aan aktiwiteite deel te neem en funksies by te woon.