15 Januarie 2018:
08:00 – 13:00: Graad 8 Boot Camp
13:00: Graad 8 Atletiek uitdunne

16 Januarie 2018:
08:00 – 13:00: Graad 8 Boot Camp
13:00: Graad 8 Atletiek uitdunne

17 Januarie 2018:
07:00 Skool begin

 

19 – 21 Januarie 2018:
Graad 8-kamp!

22 Januarie 2018:
18:30: Graad 8 Oueraand

22 – 29 Januarie 2018:
Welkomweek!

26 Januarie 2018:
Groentjiekonsert kleedrepetisie

29 Januarie 2018:
Groentjiekonsert video-opname

30 Jan – 1 Feb 2018:
Groentjiekonsert-aande

Vrae wat soms gevra word:
(gewoonlik deur ons nuwe graad 8 ma’s 😉 )

1. Watter skryfbehoeftes benodig ek (my kind) vir graad 8?

Antwoord: Daar is nie ‘n skryfbehoeftelys soos wat in die laerskole uitgegee word nie. Kry net die basiese skryfbehoeftes (pen, potlood, liniaal, uitveër, gom,  skêr, ens.)

Daar is geen voorskrifte t.o.v. sakrekenaars nie. Inligting oor sakrekenaars sal deur die loop van die jaar vir hulle gegee word.  Koop gerus ‘n wiskundestel met ‘n passer en gradeboog.

Hoërskool Oosterlig voorsien die leerlinge van alle skrifte en handboeke, enige addisionele benodighede sal aan die leerlinge deurgegee word deur die onderwysers.

2. Wat is die skool se bankbesonderhede?

Antwoord: Ons sit nie die bankbesonderhede op die webblad nie, maar dit kan aangevra word deur ons te skakel by: 011 913 1055/6, e-pos: finansies@hsoosterlig.co.za of vul die onderstaande vorm aanlyn in en stuur. Ons sal u dan die bankbesonderhede deurgee.

3. Wanneer ek 'n internetbetaling maak, watter verwysing gebruik ek?

Antwoord: Gebruik altyd u kind se naam en graad.

4. Wat gebeur op die eerste dag van skool in 2018?

Antwoord: Die nuwe graad 8’s word afgelaai by die skoolhekke. Hulle word daar ingewag en gegroet deur personeel en die leierskomitee. ‘n Leier sal die nuwe graad 8 gaan wys waar om sy/haar tas te bêre en wys waar die saal is. U hoef nie bekommerd te wees nie, u kind is in goeie hande:) Die dag begin met ‘n saalbyeenkoms, vanwaar die nuwe graad 8’s ingedeel en als gewys sal word!

5. Wat is die skooltye?

Antwoord:
Ons stel voor julle kom 07:00 skooltoe, dan is julle rustig en betyds. Moet asseblief nie laat wees nie.

Skooltye: Maandag tot Vrydag
Eerste klok lui: 07:10
Tweede klok en aantree: 07:15
Registerklasse begin: 07:25
Eerste Periode: 07:40
Skool Sluit 13:45

Wees asseblief betyds en met die korrekte skoolklere, hare netjies volgens skoolreëls.

6. Doen die skool Graad 8 oriëntering? Indien nie, wat doen julle?

Antwoord: Daar is GEEN rede om eers senu-agtig te voel daaroor nie. Oosterlig Graad 8’s kry NIE ontgroening NIE! Ons het ‘n WELKOM-week met welkom-aktiwiteiete wat HOPE pret is! Dit begin by die Graad 8-kamp (sien besonderhede hierbo) en eindig met ‘n Graad 8-konsert van revue-gehalte! Dit volg ‘n tema en is opbouend en vol ‘sports’. Dit is ‘n tyd in jou kind se lewe waarna hy altyd toe sal terug verlang!

7. Is daar busvervoer na Oosterlig?

Antwoord: Ja daar is verskeie bussies wat van verskillende rigtings vervoer. Vir die busroetes beskikbaar of om navraag te doen oor die busroetes KLIEK HIER

8. Hoe lyk die skoolklere en waar kry ek dit!

Antwoord: Ons is baie baie trots op ons skoolklere – wees altyd netjies met die regte skoolklere. KLIEK HIER vir die skoolklere en verskaffers.

9. Het jy dalk 'n ander vraag?