Ons glo in God, die Drie-Enige en erken Sy volkome Almag en Opperheerskappy.

Ons glo aan absolute trou aan ons geliefde volk en vaderland.

Ons onderneem om ons meerderes te gehoorsaam en hulle die nodige eerbied en respek te betoon. Ons sal daarna streef om die goedheid en opregtheid in ons naaste raak te sien en wil graag deur ons gesindheid die respek en vertroue van andere wen.

Ons sal poog om die tradisies en goeie naam van ons skool hoog te hou en sal altyd trou bly aan dit wat ons geleer het.