TOP

Sport

Kry al die programme vir komende wedstryde hier by Briewe en Bronne


Die volgende sportsoorte word by Oosterlig aangebied:

ATLETIEK

WINTERSPORTSOORTE
Alle wintersportsoorte neem deel aan die NWU-sportreeks ter voorbereiding vir die liga-seisoen. In die sportreeks word teen skole soos onder andere Alberton, Elspark, Dr. Malan, Die Anker en Fochville deelgeneem.

RUGBY

NETBAL
Oosies se netbalspanne het voorwaar in 2011 amok gemaak…

Alwin January word gekies vir die Delta Gauteng Provinsiale Netbalspan. – Baie geluk!
Hulle wen ‘n goue medalje as algehele wenners van die toernooi tydens die Nasionale Netbalskole-kampioenskappe in die Kaap.

Tydens ons netballiga tree ons O/14B-, O/15A-, O/16B- en O/17B-spanne as D16-wenners uit die stryd.
O/15A-span het deelgeneem aan Ekurhuleni uitspeelwedstryde.
O/16- en O/17-dogters oefen vir proewe.
Ons eerstespan proewe vir 2012 word einde Oktober 2011 uitgespeel.
Die O/15’s (volgende jaar se O/16-netbaldogters) oefen al volstoom.
Die eerstespan beplan ‘n netbaltoer in April 2012.
O/14- en O/15-netbaldogters toer ook in 2012 na Parys OVS.

HOKKIE
Ons Super 12 hokkieseisoen is voorwaar uitsonderlik.  Ons Oosiemeisies speel in die NWU se Super 12-reeks vir mediumskole teen Hoërskool Alberton, Goudrif, Volkskool, Hoërskool Elspark en Die Anker.  Ons O/14- en O/15 spanne stap as wenners weg na elke wedstryd.  Ons tweede span verwerf die trofee vir die reeks en wen hul laaste wedstryd teen Hoërskool Elspark met 11 – 0.

Die O/14- en O/15-spanne speel vir die Oos-Gauteng uitdunwedstryde en wen hul kwart- en semifinale en dring deur na die finaal vir Oos-Gauteng.  Hul kwalifiseer vir Noordvaal uitspeelwedstryde.

Luandi du Toit en Elshané Smit word vir die O/14 A en B Provinsiale spanne gekies.

Kwartaal TWEE: sportsoorte
Kwartaal VIER: sportsoorte

KRIEKET
Tans neem 5 spanne deel aan die Easterns Krieketliga. Oosterlig het in die verlede ‘n reputasie opgebou as ‘n hoogs kompeterende krieketskool. Daar is reeds spelers opgelewer wat op nasionale vlak deelgeneem het asook spelers wat op Provinsiale- en Universiteitsvlak hul merk gemaak het.

Tydens die 2011-seisoen speel die O/14-span in die semi-finaal.
Die eerste krieketspan is tans nog besig met die liga.

LANDLOOP
Landloop word na die winterligas afgehandel en word beoefen as voorbereiding vir die volgende jaar se atletiekseisoen.

TENNIS
Die tennisseisoen het vanjaar afgeskop met die tennistoer by Buffelspoort.  Dit was voorwaar suksesvol.
Die eerste meisiesspan vaar uitsonderlik en wen 3 van die 4 wedstryde in die liga en eindig tweede in die liga.
Gedurende 2011 is Oosterlig weereens kampioene.
4 van ons spanne eindig tweede in die liga.
Julle is PUIK!

JUKSKEI
Jukskei is sportsoort by Hoërskool Oosterlig wat met groot ywer beoefen word. Spanne het reeds vele pryse ingepalm soos o.a. Span van die Toernooi, Mees Entoesiastiese Spelers, Span met die Beste Spangees asook Besgeklede Span.
‘n Volkseie tradisie wat nog lank gaan voortleef by Hoërskool Oosterlig.

Gedurende die 2011-seisoen ontvang die O/16 seuns silwer medaljes, O/16 dogters brons medaljes.
Cenique Stach en Carlo Homan is uitgenooi na die SA-proewe.
Carlo Homan is intussen gekies vir die Oos-Gauteng Provinsialespan.
Cenique Stach is ook aangewys as een van die uitblinkers in die 2011-seisoen in die Oos-Gautengstreek.

GHOLF
Oosies tem die gholfbane.
Drie Oosies, Barend Knoetze, Nico du Buisson en mnr. Van Vreden het vanaf 22 April – 1 Mei 2011 saam met ander Gautengspelers ‘n besoek aan die Oos-Kaap se gholfbane gebring.  Hulle speel onder andere, Goose Valley by Plettenbergbaai, Fynbos by Eersterivier en Zwartenbosch by Humansdorp.  Die hoogtepunt was die deelname aan die 23ste Hadida Gholftoernooi by Hankey.  Hierdie toernooi lok spelers van Gauteng, Mpumalanga en die hele Oos-Kaap.  80 spelers het sake uitgespook.  Barend Knoetze was die jongste speler en is aangewys as toernooiwenner.

Slegs 16 seuns in “Easterns” word genooi vir finale proewe.
Oosterlig se vier A-ligaspelers word almal genooi.  Wat ‘n puik prestasie – ons is trots op julle!

SPUR 16 reeks vir Laerskole – Rugby en Netbal


Die Spur en Hoërskool Oosterlig het ‘n leemte in die mark raakgesien waar daar geen formele sportreeks is vir laerskole se rugby- en netbal eerstespanne is nie.

Sestien laerskole word deur Spur-takke in hulle direkte omgewing geborg, om deel te wees van die reeks.

Rugby-eerstespanne en Netbal-eerstespanne speel by Hoërskool Oosterlig, oor ‘n tydperk van twee weke. Daar word vir elke sportsoort ‘n trofee- en plaatwenner aangewys.

Vir AL die nuus oor die afgelope SPUR 16 Reeks vir Laerskole – KLIEK HIER

2012SPUR16

Ons hoor graag van u!

Kontak gerus:
Hoof: Mnr. Pieda van Vreden
Adjunk-hoof AKADEMIE: Me. Christie Myburgh
Adjunk-hoof SPORT: Mnr. Francois Nel
Sekretaresse: Me. Mara Strydom
Administrasie: Me. Lilian Pieterse
Finansies SKOOLGELDE: Me. Esther Murphy
Finansies: Me. Daleen Tischendorf
Aangaande BUSROETES
Aangaande Bemarkingsgeleenthede
PADKAART