Hoërskool Oosterlig
…het in werklikheid reeds in 1917 tot stand gekom, maar was toe bekend as die Handelskool. Later bekend as die Hoër Handel-en Tegniese Skool Boksburg, Hoër Handelskool Boksburg en van Maart 1991 as Hoërskool Oosterlig.
Aanvanklik was die Hoër Handelskool die eerste dubbelmediumskool in sy soort, nie net in die eertydse Transvaal nie, maar ook in Suid-Afrika.
Hul sluit hul deure vir die laaste keer in Julie 1992 en Hoërskool Oosterlig verhuis na die nuwe skoolgronde in Sunwardpark. Daar is op ‘n naamsverandering besluit as gevolg van die nuwe studierigting wat ingeslaan is.
Hoërskool Oosterlig het na 20 jaar ‘n reeks vername Sportmanne-en-vroue asook akademici opgelewer. Onder leiding van Mnr. P.H. van Vreden en ‘n personeelkorps van 42 trap Oosterlig steeds diep spore in Boksburg.
Lees meer oor die geskiedenis …hier
________________________________________________
Hoërskool Oosterlig se 2011 Matriek prestasies:
Ons matriekleerders (146) behaal ‘n 100% slaagsyfer! 79 Leerlinge slaag met universiteitsvrystelling (56%). ‘n Totaal van 120 vakonderskeidings word verwerf. Oosterlig is baie trots op ons graad 12-leerders. Julle het julle puik van julle taak gekwyt!
- In ons distrik van 46 skole het net 4 skole 100% slaagsyfer behaal – mooi so, Oosterlig is een van hulle!
- Chantelize van der Merwe (van Hoërskool Oosterlig) verwerf 8 onderskeidings, is ook die Toppresteerder in die Distrik. Sy kry ‘n toekenning tydens die ‘MEC’-prysuitdeling vir Toppresteerders in Gauteng.
8 Onderskeidings: Chantelize van der Merwe- 7 Onderskeidings: Ilana Bosch, Cornel Bakker
- 6 Onderskeidings: Mike van den Berg, Hein du Rand, Kyle Smith
- 5 Onderskeidings: Franlene Fourie
- 4 Onderskeidings: Colané Esterhuizen, Brandon van Dyk
Vir meer prestasies en foto’s …kliek hier













